RSS

Die sterf van ‘n karakter

image

Wanneer ‘n mens skryf en die wêreld en karakters in jou verhaal skep, raak mens geheg aan elke karakter. Hulle karaktereienskappe word deur jou geskep. Die karakter se hele wese is in jou hande. Die band tussen jou en die karakters is sterk. In die hoofkarakters is daar iets van jouself. ‘n Stukkie van jouself wat aan die lesers onthul word. Nou, in my nuwe verhaal moet een van die karakters sterf. ‘n Deel van my in die verhaal sterf saam met die karakter…
Dit is nie maklik of lekker om dit te doen nie. 

Hier is my huldeblyk aan die karakter:

Sedert die begin
kinderdae
was jy daar
‘n vriend en broer
vir ‘n verlore kind

Julle band
met my verbeelding en ink
geskep en gevorm
tot ‘n band sterker as bloed

Nou
vir die effek van hartseer
en ellende
om die storie te kan vertel

Moet jy sterf

Vergewe my jou kort lewe
in jou fleur weggeruk
van die wat jou lief het
weggeruk van die verlore kind

Jou afsterwe
nooit vergeet
jou plek nooit gevul
Verewig in my gewete

 
Leave a comment

Posted by on September 25, 2013 in My Fantasie

 

Tags: , ,

Volmaan

image

Elke volmaan se skyn
Wonder ek
Staan jy ook nou
soos ek en staar

Staar jy
Wonder jy
Staan hy ook nou

Sink dit weer in
Verlange en herinneringe
van tye verby

Staar ons
Ontmoet ons oë mekaar
Voor die volmaan se skyn

Sien jy die hoop
in ons drome
die toekoms
Elke volmaan se skyn
Ek en jy

 
Leave a comment

Posted by on September 18, 2013 in Uncategorized

 

Tags: , , ,

Vegters vir Fantasie en Wetenskapfiksie in Afrikaans

Kort voor ek hierdie blog begin het, het ek op ‘n webblad afgekom wat hard veg vir fantasie – en wetenskapfiksie verhale in Afrikaans. Vir die van ons wat glo in hierdie genre in Afrikaans, is hierdie webblad regtig ‘n insperasie.

Die webblad staan bekend as Afrifiksie en word bestuur deur Gerhardus Thompson, wat ook Thompson Boekdrukkery besit. Die webblad is baie aktief met verskeie skrywers en hulle werke wat op die webblad verskyn. Hulle hou jaarliks skryfkompetisies waar aspirante skrywers kan inksryf en hulle werke dan ook gepubliseer kan word.

Ek wil hiermee graag aan Gerhardus en Afrifiksie erkening gee vir hulle harde werk. Hulle is regtig vegters vir fantasie en wetenskapfiksie in Afrikaans. Ek glo dat as hulle so aanhou sal ons ook eendag ons plek in die Afrikaanse boekrakke van hoofstroom winkels te vind kry. Ek ondersteun hulle in die geveg wat hulle aanpak.

Besoek gerus hulle webblab by http://www.afrifiksie.com

Afrifiksie

Afrifiksie

 
Leave a comment

Posted by on September 18, 2013 in Ek sê net...

 

Tags: , , , ,

My ink jou swaard

image

My verbeelding was jou baarmoeder
Geskep en gevorm
Koesterend

Gebore met ‘n huiwerige gegriffel
waar ink jou lewe vertel
in jou papier wêreld

Jou eerste hoofstuk
Eerste avontuur vertel
Aan die wat wil luister

Nou moet jy wag
vir die dag wat die ink weer vloei
Vir die vyand om my hand vry te laat

Sy ondergang lê in my hand
Ink my swaard
Jou lem

Vergewe my
Want die vyand se greep is sterk

Sy wapen,
tyd…

 
Leave a comment

Posted by on September 16, 2013 in My gedigte

 

Tags: , , , ,

Status

Volksredder

Verbeelding en gedagtes
betas mekaar 
Jy word geskep

Ontwikkel en groei
Jy…
Jy met vele persoonlikhede 
Storielyne

Pen en papier ontmoet
Jy word gebore
Jy kry gestalte
Voorkoms en persoonlikheid
tot die fynste verfyn
    
Jou toekoms klaar bespiegel
Jou hartseer ‘n klimaks  
Elende plavei die pad vorentoe

Liefde is jou beskore 
Teen n prys

Val sal jy nie
Jy sal reik na hoogtes

Bose magte sal oor jou lem val
Jou boog sal ribbes deurdring  

Volksredder

 
Leave a comment

Posted by on September 15, 2013 in My gedigte

 

Tags: , ,

Lank gelede…

image

Dit is lank gelede wat ek weer iets hier geseg het. Vir lank was ek verlore in n lewe vol haas en dinge klaar kry. Dit is nou 9 maande later en stadig maar seker voel ek hoe dinge rustiger raak.

In hierdie 9 maande is ek al oor die 100 bladsye in my nuwe boek in. Ek het ook intussen begin gedigte skryf. My verbeelding werk oortyd.

Maar my terugkeer hierheen is nadat ek in boekwinkels rondgeloop het en met groot teleurstelling besef dat fantasie in Afrikaans sal seker nooit erkenning kry nie. Sal nooit kans kry om op n rak te vertoon nie. Is die Afrikaner dan regtig so verbeeldingloos? Alle boeke speel af in n wêreld waarin ons leef. Realiteit heers in Afrikaans. Wat van n wêreld waar die magiese in n oorlogstyd meegevoer? Waar die bose towerkragte van n verraaier oorwin moet word. Waar die hemelruim geheers word deur diere oortrek met skubbe. ‘n Verlate koningkryk wat uit die syof opstaan om hullr plek in die wêreld terug te vat. Dis mos verbeelding.

Dalk is dit maar net n droom en is dit net in verbeelding moontlik, maar veg vir fantasie, sal ek.

Dit is tyd om terug te keer en aktief iets te doen…

 
Leave a comment

Posted by on September 15, 2013 in Uncategorized

 

Tags: , , , , ,

En daar is hy nou…

En daar is hy nou… My boek as eboek op twee meer plaaslike webblaaie te koop. Dit het lank gevat om hier uit te kom, maar dit was die wag werd.

” ‘n Feëverhaal” is tans by die volgende plekke beskikbaar:

Leserskring se Eboek webblad beskikbaar: http://www.eboeke.leserskring.com/Product/ProductDetails?productId=412941&subCategoryId=6&isFree=False

My Books se webbad: http://www.mybooks.co.za/book/24418/n-feeverhaal

” ‘n Feëverhaal” sal binnekort ook by Kalahari.com beskikbaar wees.

Feeverhaal eboek

 
Leave a comment

Posted by on December 6, 2012 in 'n Feëverhaal

 
 
velvetmedia

Just another WordPress.com site

Pink Reflections

Things and Thoughts of a Woman, Wife and Mother

almostbetty

wanderlust chaser

Pronknografie

Die volledig geillustreerde dagboek van 'n illustreerder

Jadedview

A Jaded view of things

Kouevuur

wat brand in my kop

trippletwo's Blog

A topnotch WordPress.com site

MaanKind

Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke ...

Nadia de Kock

Making meaning: Words, Music, Travel

Boekemakranka

Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet in e-boeke

Briewe Uit die Vreemde

Dagboek. Skryfboek. Plakboek. .

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

The WordPress.com Blog

The latest news on WordPress.com and the WordPress community.